Latest News

2018 DELWERS KONFERENSIE

2018 DELWERS KONFERENSIE

Dit is amper tyd vir ons jaarlikse Delwers Konferensie.  Die inligting is reeds met ons Januarie Nuusbrief versprei en indien jy nie ingeteken is op ons Nuusbrief nie, kontak asb. vir Lynette.

 

Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat die Hoof Uitvoerende Beampte van die “South African Diamonds & Precious Metals Regulator”, Mnr. Xolile Mbonambi ons Hoofspreker op die dag sal wees.  Verskeie ander interessante praatjies sal aangebied word vanuit die DMR se kantoor, ʼn Prokureur wat die bedryf goed ken en tegniese onderwerpe om maar net ʼn paar te noem.

 

Ons bedank graag ons borge wat hierdie dag moontlik maak.  Hulle sal ook almal by die Konferensie teenwoordig wees om met u te gesels.

 

Indien u nie hierdie wonderlike geleentheid wil misloop nie, moet u teen 27 Februarie 2018 registreer.  Vir meer inligting hieromtrent, lees asb. ons advertensie.

 

Lynette Kruger