Latest News

DELWERS KONFERENSIE 2018

DELWERS KONFERENSIE 2018

WOW!  Was dit nou ʼn lekker dag.  Dankie vir almal wat die dag saam met ons gedeel het en wat dit moontlik gemaak het.

 

Ons het fantastiese borge gehad, wat regtig baie moeite gedoen het.  Van SADPO se kant af vra ons u om hulle te ondersteun, aangesien hulle die diensverskaffers was wat bygedra het tot ons Konferensie.  Ons kan bekend maak dat die borge se bydrae die hele Konferensie se kostes gedek het en dat SADPO geen van sy eie fondse moes gebruik nie.  Ons borge was:

 

(in geen spesifieke orde)

Al2StadlerBabcock BMG Consulmet JVC Insurance Brokers Milnex OHMS Pilot Crushtec Rema Tip Top Rezlo Tyres SA National Labour Solutions Slurry master Sondre Vervoer & Gas Transvaal TrainingBooyco Electronics

WADALA MINING & CONSULTING

 

Ons wil graag ook ʼn spesiale woord van dankie aan Andriaan Oberholzer van Rezlo Tyres gee vir sy inisiatief aan die einde van aandete.  Die “bonfire” by die swembad was heerlik en het almal wat nog daar was baie lekker gekuier!

 

Hiermee die voorlegging wat namens Al2Stadler gedoen is, asook Mnr Dereke Lahee van Consulmet se voorlegging.

 

We also had a few good speakers from the government departments as well as from the private sector. Herewith Mr Khosa from the South African Diamond and Precious Metals Regulator’s presentation, as well as Mr Pieter Swart of DMR, Northern Cape’s submission and the very insightful presentation of one of our committee members, Mr Lyndon De Meillon. We can mention that Mr De Meillon’s presentation was a true eye opener to the service providers present regarding our members’ financial situations and we expect a positive change from the service providers’ side to our members.

 

Hiermee ook ʼn paar foto’s van die dag.  Dit was regtig besonder om te sien hoeveel ons gegroei het in ʼn jaar en is daar alreeds voornemens om 2019 se Konferensie net groter en nog beter te maak.

 

Dankie aan almal wat hierdie dag so ʼn groot sukses gemaak het, ons sprekers, borge, ons Nasionale Komitee wat so hard gewerk het aan die reëlings en ook die verkryging van borge.  Dankie aan die Kamer van Mynwese se Grant Mitchell wat teenwoordig was by ons verrigtinge.  Dankie aan al ons lede en ander rolspelers wat hulle tyd opgeoffer het om die dag by te woon en vir almal wat vêr gereis het.

 

 

Lynette Kruger