Latest News

NB NB!! – INLIGTINGSESSIES

Blou Important

NB NB!! – INLIGTINGSESSIES

Ons Dagbestuur gaan binnekort begin om in die Noord Kaap & Noord Wes baie belangrike en dringende inligtingsessies te hou.  Dit sal dorp / area spesifiek wees en sal gepaard gaan met ʼn lekker braai na die tyd.

 

Ons voorsien ernstige probleme wat die voortbestaan van die alluviale delwers bedreig, onder andere, die nuwe Mynbou Handves wat nog onder hersiening is.  Almal moet bymekaar kom & idees uitruil, anders gaan ons bedryf binnekort sterf!!

 

Alle delwery eienaars is welkom, SADPO-lid of nie.  Dit is werklik van kardinale belang dat ALMAL teenwoordig is.  Doen asseblief die moeite om jou dagboek aan te pas en jou mede-delwer saam te bring.

 

Ons eerste sessie is reeds oor ‘n week:

 

PRIESKA / HOPETOWN / DOUGLAS / SCHUTSEKAMA / SCHMIDTSDRIFT

 

Inligtingsessie vir alle diamant delwers

 

Dinsdag, 5 Junie 2018 om 18:00 by die Douglas Gholfbaan.  

RSVP teen Maandag, 4 Junie 2018 (vir spysenieringsdoeleindes) by Manie Heyneke 071 781 1466 of Lynette Kruger 071 889 9850.  

 

Kontantkroeg beskikbaar.  

Lynette Kruger