Latest News

SADPO Forum

SADPO Forum

Geagte SADPO lede:

Ons Forum op hierdie webwerf is nou in werking.  Die doel hiervoor is dat ons lede reg oor die land met mekaar kan gesels oor kwessies in ons bedryf, sonder dat ander partye die inhoud kan sien.

Lede wie se SADPO lidmaatskap volledig is, se besonderhede is op die webwerf gelaai en het die webwerf vir jou ‘n epos gestuur met ‘n skakel (“link”) na die Forum.  Dit is ook moontlik dat die gemelde epos in jou “Spam – Folder” kan lê.  Nadat jy die “link” gevolg het kan jy jou “password” verander na enige iets wat jy sal onthou.  En dan is jy welkom om met jou mede-delwers te gesels deur of jou eie onderwerp te begin, of te antwoord op ‘n bestaande onderwerp.  Daar is ook ‘n bestaande onderwerp getiteld HOE WERK HIERDIE FORUM?.  Daar is 2 videos wat jy kan gaan kyk wat ook die hele proses verduidelik.

Indien jy nog nie ‘n SADPO lidmaatskapvorm voltooi het en die R100.00 administrasiefooi betaal het nie, kontak asseblief die Sekretaris, Lynette Kruger, sodat sy jou kan help om op die Forum te kom.

SadpoAdmin
})(jQuery)